Samuel Murray, Translator - English into Afrikaans | Article index
I submitted a proposal for an Afrikaans register dictionary to several Afrikaans forums, but got no reply. The proposal is in Afrikaans.
Basically I propose that synonymns of basic words be categorised by vertical register (i.e. degree of formality or formalness). I could think of no empiric method to determine the register of words, and proposed a system of questions to be asked about each word in turn. These questions include "with whom do you speak", "where does the speech take place", "how do you feel emotionally" and "for whom are you writing". I did a test run with the word "to eat" and the results were interesting.
My vertrekpunt is 'n artikel deur wyle Johan Combrink, wat geleë is te http://www.und.ac.za/und/ling/archive/comb-01.html (die artikel, nie die man nie), waarin hy in 1995 melding maak van 'n Afrikaanse Registerwoordeboek.
>> ... is die begin van 'n registerwoordeboek in Afrikaans. <<
Hmmm, dit klink interessant, het ek gedink. 'n Registerwoordeboek. My idee van wat met die register van 'n woord bedoel word, behels basies of grootliks die formaliteit van die woord. Uit Combrink se artikel blyk dit dat sy idee van wat met register bedoel word, dalk effens anders is, want hy meen "alle woorde in Standaardafrikaans het dieselfde register" (geïmpliseer, eie parafrase).
Nietemin sou 'n registerwoordelysprojek, waar register beskou word as die formaliteit van die woord se woordeboekbetekenis, 'n interessante oefening wees. Hoe sou 'n mens te werk gaan om so'n lys op te stel, en hoe sou 'n mens die register van die korpus bepaal?
Ek het gedink 'n mens moet dalk verskillende vlakke van register vasstel, en alle woorde in daardie kategorieë indeel. Dit beteken dat elke woord net een register het. Alternatiewelik kan woorde in meer as een kategorie geplaas word. Daar kan horisontale en vertikale kategorieë wees (vertikaal = formaliteit, horisontaal = sosiolek).
'n Moontlike vertikale indeling waaraan ek kon dink, was:
'n Moontlike horisontale indeling waaraan ek kon dink, was:
Die vertikale kategorieë is maklik skaleerbaar, maar die horisontale kategorieë se skaal is half geforseerd. Ek fokus hierna op die vertikale indeling.
Om te bepaal in watter vertikale kategorie 'n woord val, is gewoonklik heel maklik as 'n mens jou aanvoeling gebruik, maar dis moeiliker om empiriese "vrae" vas te stel waaraan elke woord getoets moet word. Nietemin dink ek dat sulke vrae die taak van woordklassifisering baie kan vergemaklik, en dinge 'n mate van wetenskaplikheid kan besorg (hoewel dit steeds 'n groot mate van subjektiwiteit sal opneem).
Ek het probeer om aan verskillende soorte vrae te dink wat 'n mens kan vra om sodoende woorde in die kategorieë te kan laat inpas.
Vraag 1: Met wie praat jy?
Vraag 2: Waar praat jy?
Vraag 3: Hoe voel jy?
Vraag 4: Vir wie skryf jy?
Die vrae is natuurlik ver van volmaak, maar dit gee 'n mens 'n goeie beginpunt, asook 'n idee van wat verlang word. Voorts kan dit wat uit die toepassing van die vrae geleer word, probeer leer en agterkom waar lê die knoop.
Ek het die woord "eet" geneem as voorbeeld, en sinonieme uit die Groot Tesourus gekies wat dieselfde beteken. Daarna het ek elk van die vier vrae gevra, en die woorde in die kategorieë verdeel.
My resultaat is as volg:
EET: eet inneem gebruik nuttig geniet spysig konsumeer inkry verorber verslind inwerk snoep mummel vreet aas
Indeling volgens vraag 1:
Indeling volgens vraag 2:
Indeling volgens vraag 3:
Indeling volgens vraag 4:
Die vier vrae se resultate overlap met die volgende woorde:
[[ Ek het die woorde ook in die horisontale kategorieë probeer inpas.]]
Uit die oefening is dit duidelik dat verskillende vrae verskillende resultate lewer, soveel so dat die vrae se resultate nie noodwendig baie overlap nie. Woorde kom ook nie op dieselfde intervalle voor nie -- 'n woord mag by een vraag hoogregister en by 'n ander vraag laagregister wees -- sekere woorde is dus nie noodwendig altyd hoërregister of laerregister as ander gegewe woorde nie. Woorde pas selde perfek in 'n enkele kategorie. 'n Enkele woord kan binne 'n enkele vraag verskillende nuanses hê en sodoende in beide die hoë en die lae register wees.
'n Registerwoordeboek sou, sover ek kan dink, egter probeer om konteksonafhanklik te wees, en suiwer op die woordeboekbetekenis van 'n woord te werk. Andersin moet 'n mens dalk dink aan 'n kontekswoordeboek.
Is so iets moontlik?